Vir ‘n lekker dag van gholf is daar die Hans Merensky Golf Klub in Phalaborwa. Dit 18 gat, par 72 kampioenskap golfbaan, ontwerp deur die legendariese Bob Grimsdell, en is aangewys as die beste golfbaan (te voet) in die land en is aangrensend aan die Kruger Nationale Wildtuin. Die golfbaan is ‘n visuele meesterstuk met wild soos kameelperde, seekoeie en krokodille wat tot ‘n safari element bydra wat ‘n mens nie sommer elders sal vind nie.

Besoekers is welkom enige dag van die week.

Ons reserveer graag jou afslaan tye vir jou!

Comments are closed.