Totale ontspanning met die Kruger Nasionale Park as jou agterplaas.  Dit is waarvoor Silonque Bush Estate & Spa die meeste voor bekend is.  Maar natuurlik offer ons veel meer as dit!  Om te begin met ons huise; ons huise is luuks, ruim en privaat…al die bestandele wat jy benodig vir ’n rustige en gemaklike kuier in die bos.

Our luxury 3 bedroom house, with total privacy

Impala's by waterhole

Buiten vir ons twee swembaddens en tennisbaan kan Silonque Bush Estate & Spa jou ‘n eg Suid Afrikaanse ondervinding bied. Deur die dag kan mens die voëls, vlakvarke, rooibokke en verskeie ander diere besigtig wat vrylik op die landgoed rond beweeg.  Gedurende die nag kan mens die leeus hoor brul vanuit die Kruger Nasionale Park en miskien selfs hyenas of olifante.

Whartogs by waterhole

Die Kruger Nasionale Park beslaan byna 19.000 km2 en strek 360 km van noord na suid en 65 km van oos na wes. Dit is gestig in 1893 om die natuurlewe van die Suid-Afrikaanse Laeveld te beskerm. Die park is die tuiste van ‘n ongelooflike aantal spesies soos 49 verskillende visse, 500 verskillende voëls en oor 145 soogdierspesies, waaronder die “Groot Vyf” tel.

Die groot verskeidenheid van diere in die park, maak ‘n safari ‘n ongelooflike ervaring. As jy al ooit die Groot Vyf wou te sien kry in die natuur is hierdie jou kans.

Daar is ‘n hele paar safaris om van te kies soos ‘n oggend of ‘n aand safari en ook ‘n vol dag safari in ‘n oop voertuig. Daar is ook die opsie om ’n safari te voet mee te maak vergesel deur ’n ervare veldwagter. ‘n Rivier safari op die Olifantsrivier is ook ‘n wonderlike ervaring. Ons raai u aan om u safari vooruit te bespreek met ons kantoor personeel wat al die nodige reelings vir u sal tref.

Elephants in Kruger

 Om met jou eie voertuig deur die Kruger Nasionale Park is ‘n goedkoop alternatief en ook ’n wonderlike en opwindende ervaring.

Lion in Krugerpark

Gholf in die natuur

Vir ‘n lekker dag van gholf is daar die Hans Merensky Gholf Klub in Phalaborwa. Hierdie 18-putjie gholfbaan is ontwerp deur Bob Grimsdell en is ook aangewys as die beste gholfbaan (te voet) in die land en grens aan die Kruger Nasionale Park. Die ervaring om in die middel van die bos af te slaan is iets om te beleef. En moet nie verbaas wees as die apies uit kom en met jou gholfballe wil speel nie, aanvaar dit maar net en beweeg aan. Dit is wat dit so spesiaal maak om gholf in te bos te speel. Geniet die natuur en om pret te hê met die diere terwyl julle gholf speel.

Die Panoramaroete

Die Panoramaroete is verreweg een van die mees idilliese en mooiste roetes om te verken in Suid-Afrika.  Dit strek deur die Noordelike Drankensberge in die Mpumalanga provinsie.  Mens ry verby die Groot Eskarp en binnelandse plato waar dit skielik oor die Laeveld vlaktes uit strek.  Hierdie asemrowende uitsig is op sy beste in die droë wintermaande.  Maar moenie bekommerd wees nie!  Dit is asemrowend mooi reg deur die jaar so vat ’n rit per voertuig en geniet die Drie Rondawels, Pinnacle rock, God’s windown, die ongelooflike Bourkes Luck Potholes, die Berlin Watervalle en nog vele meer.

Blyderivierspoort

Blyderivierspoort is een van die grootste poorte op aarde. Dit het ‘n lengte van 26 km en is gemiddeld sowat 800m diep. Die landskap is bekend vir sy diep klowe, groen valleie, vinnig-vloeiende riviere en watervalle. Die hoë platos word bewoon deur rooiribbokke, bobbejaan troepe en rots dassies. Seekoeie en krokodille is teenwoordig in die Blyderivierpoort dam. Rooibokke, koedoes, blouwildebeeste, waterbokke en sebras kan ook in die beboste Laeveld area gevind word.

Die beste manier om Blyderivierspoort te ontdek is te voet. Die poort het goed gemerkte staproetes, wat uiters gewild is, met ’n verskil van ’n uur tot selfs ’n paar dae per roete. Dit is ook wonderlik om ‘n boot safari te doen op die Blyderivierpoort Dam waar mens asemrowende natuur uitsigte aan alle kante kan besigtig.

Comments are closed.